Will Smith

Will Smith
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Will Smith in 2019.

Geboortenaam Willard Carroll Smith jr.
Geboorte 25 September 1968 (1968-09-25)
Philadelphia, Pennsilvanië, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaans
Lewensmaat Jada Pinkett Smith
Kinders Jaden Smith en Willow Smith
Beroep(e) Akteur, vervaardiger, rapper, liedjieskrywer
Aktiewe jare 1985–tans
Webwerf www.willsmith.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Willard Carroll "Will" Smith jr.[1][2] (geb. 25 September 1968)[1] is ’n Amerikaanse akteur, vervaardiger, rapper en liedjieskrywer. Hy het sukses behaal in televisie, rolprente en musiek. Die tydskrif Newsweek het hom in April 2007 "die magtigste akteur in Hollywood" genoem.[3] Hy is al vir vyf Golden Globes en twee Oscars benoem en het al vier Grammys gewen.

In die laat 1980's het Smith redelike sukses behaal as ’n rapper onder die naam The Fresh Prince. In 1990 het sy gewildheid aansienlik toegeneem toe hy in die gewilde TV-reeks The Fresh Prince of Bel-Air speel. Dit het ses seisoene beleef (1990–'96). Daarna het Smith in rolprente begin speel en eindelik in verskeie lokettreffers verskyn. Hy is die enigste akteur waarvan agt agtereenvolgende rolprente meer as $100 miljoen in Amerika gemaak het en elf agtereenvolgende prente internasionaal meer as $150 miljoen.[4]

Volgens Forbes is Smith die akteur wat wêreldwyd die meeste geld maak.[5] In 2014 het 17 van die 21 rolprente waarin hy hoofrolle vertolk het, wêreldwyd reeds meer as $100 miljoen elk gemaak – vyf daarvan meer as $500 miljoen elk. Sy films het teen dié tyd $6,6 miljard laat inrol.[6] Hy is vir ’n Oscar vir beste akteur benoem vir Ali en The Pursuit of Happyness.

Hy is getroud met Jada Pinkett Smith. Uit hierdie huwelik word Jaden en Willow Smith gebore.

By die 2022 Oscar-toekenningseremonie het Smith 'n openbare terugslag ondervind omdat hy die Oscar-aanbieder Chris Rock geklap en op hom geskree het nadat Rock 'n grap gemaak het met verwysing na Smith se vrou. Smith het daarna uit die Akademie bedank en is vir tien jaar verbied om alle Akademie-funksies, insluitend die Oscars, by te woon.[7]

  1. 1,0 1,1 "Will Smith Biography (1968-)" (in Engels). FilmReference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019. Besoek op 3 Augustus 2015.
  2. "The Fresh Prince of Late Night". The Arsenio Hall Show. 1993. https://www.youtube.com/watch?v=ZwH6tXG_0yo. 4:50 minutes in. 
  3. Sean Smith (9 April 2007). "The $4 Billion Man". Newsweek. Besoek op 7 Julie 2011.
  4. "Weekend Estimates: 'Hancock' Delivers $107M 5-Day Opening, Giving Will Smith a Record Eighth Consecutive $100M Grossing Movie!; 'WALL-E' with $33M 3-Day; 'Wanted' Down 60 Percent for $20.6M; 'Kit Kittredge' a Disaster!". Fantasy Moguls. 3 Julie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2008. Besoek op 7 Julie 2008.
  5. "Top Actors and Actresses: Star Currency". Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2013. Besoek op 20 Mei 2014.
  6. Will Smith Movie Box Office Results
  7. "The Academy bans Will Smith for 10 years for Chris Rock slap". NPR. Besoek op 28 Mei 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy